Tuisblad Wie is ons? Wat doen ons? Kalender Gallery Laai af Kontak Getuies
Kort Geskiedenis Leierskap Ons Visie, Waardes en Werkstuie Wat glo ons
Wie is ons?
Wat glo ons?
  • Ons glo dat
    Ons waardes vir ons onveranderlik en gegrond op die Woord van God is:
    Die hele Bybel is God-geinspireerd en leer ons hoe om as Christene te leef (2 Tim3:16);
    Jesus ons Redder, Herder en Leier is en die volkome voorbeeld is van hoe ons moet leef (Hebreers 12:2);
    Die Heilige Gees ons Trooster, Leraar en Berader is en dat Hy ons lei in alle waarheid (Johannes 14:16);
    Ons deur die Genade van Jesus Christus gered word en nie deur ons werke nie (2 Tim 1:9);

  • Ons glo in
    Gebed
    Dat die vurige gebed van 'n regverdige groot krag het en dat dit die verantwoordelikheid van elke gelowige is.(Jakobus 5:16)
    Die Apostoliese
    Met apostolies bedoel ons dit wat in die hart van die Here openbaar word wanneer Hy opdrag gee dat ons moet uitgaan na die nasies van die wêreld en bewerkstellig dat hulle deur die krag van die evangelie aangeraak word.
    Die Profetiese
    Ons profetiese verbondenheid teenoor die Kerk is om alles wat nie binne die kader van God se patroon en krag val nie, te ontwortel en af te breek. Teenoor die wêreld wil ons profeties wees om die Here se Bybelse orde in elke aspek van die gemeenskap te herstel. Ons glo dat die evangelie daar is om die politiese, wetgewende, ekonomiese, sosiale, sport, kommersiële en kunssinnige arenas aan te raak en 'n impak te maak. Of dit nou in sake soos aborsie of pornografie is, onwettige finansiële praktyke of selfsugtige politieke magte is - dit is die Kerk se mandaat om op te staan en standpunt in te neem.
    In Evangelisasie
    Ons is verbind tot die verspreiding van die evangelie.
    In Onderrig
    Ons glo dat mans en vroue na ons ons gestuur word vir onderrig, opleiding en om toegerus te word en daarna vrygestel te word vir hulle bestemminge in Christus.
  • Kopie Reg ©2009 Die Akker. Alle regte voorbehou.