Sondae Kinderkerk
Kinderkerk vorm deel van die bedieninge van Die Akker. Dit is nie 'n kinderoppassingsdiens nie, maar 'n geleentheid om dissipels te maak van selfs die kleinstes onder ons.
Die Kinderkerk bied 'n program aan (sien hier onder) sowel as aanbidding vir die kinders.
Die kinders is ook baie welkom om na die aanbidding en die diens self in die kerk te kom, indien hulle by hulle ouers bly tydens die tyd.
Program
Ons volg ‘n tuisgemaakte kurrikulum vir Kinderkerk. Die kinders word in een groep bedien of in twee groepe ingedeel volgens ouderdom, afhangende van die les.
Ons moedig die kinders bo 12jr aan om die groter diens in die Skoolsaal by te woon.
Babatjies vanaf geboorte tot en met 2jr is welkom om by hulle ouers in die Saal te bly. Daar word 'n klein speelarea vir hulle uitgesit op Sondae agterin die Saal.
Kinderaanbidding
Ons poog om elke Sondag vir die kinders die geleentheid te gee om te aanbid en bedien te word met die Woord. Die kinders sing en het 'n tyd van aanbidding voor die lessie. Kinders is ook baie welkom vir die aanbidding en preek in die saal. Indien die kindertjies in die saal bly, vra ons dat die ouers asb verantwoordelikheid neem om na hulle om te sien.
|