Die Bybel se lering oor kerkleierskap is dat 'n plaaslike kerk deur 'n Ouderling of Ouderlingspan gelei word. Getroude Ouderling pare leef hierdie roeping saam uit. Hierdie Ouderling of Ouderlingspan is die hoogste menslike gesag in die plaaslike kerk.
Ons is oortuig dat 'n leier sy kerk moet lei, eerstens deur 'n voorbeeld te stel - nie deur dominansie of beheer nie. Leiers is daar om andere op te lei, toe te rus en uit te stuur met 'n visie sodat hulle hulle volle potential in die Here kan bereik.
Die Bybel lering is dat Ouderlinge deur iemand met 'n erkende apostoliese roeping op sy lewe ingeseën moet word.
Diakens word deur die Ouderlinge van die kerk aangestel om in die kerk te dien nav die behoeftes en bedieninge wat die liggaam nodig het.
Ons leiers:
Siegfried en Liesl Maré
Sedert die ontstaan van Die Akker in 2007 is dit my en Liesl se begeerte dat Die Akker 'n dinamies vrymakende gemeente sal wees wat ons wêreld vir Jesus liefdevol sal oorwin Dit is ons hart om te sien dat elkeen sy of haar volheid in Jesus kan ontdek.
My gebed vir die mense by Die Akker is:
Eph 1:18 Ek bid dat Hy julle geestesoë so verhelder dat julle kan weet watter hoop sy roeping inhou, en watter rykdom daar is in die heerlike erfenis wat Hy vir die gelowiges bestem het, 19en hoe geweldig groot sy krag is wat Hy uitoefen in ons wat glo. Dit is dieselfde kragtige werking van sy mag 20wat Hy uitgeoefen het toe Hy Christus uit die dood opgewek en Hom in die hemel aan sy regterhand laat sit het: 21hoog bo elke mag en gesag, elke krag en heerskappy, en wat daar ook al sprake van mag wees, nie net in hierdie bedeling nie, maar ook in die bedeling wat kom. 22Ja, aan Hom het God alles onderwerp, Hom bo alles verhef en Hom aangestel as hoof van die kerk. 23Die kerk is sy liggaam, die volheid van Hom wat alles in almal vervul.
|