Ons is baie dankbaar en opgewonde oor ons volgende Lesotho uitreik wat van 17-19 Augustus plaasvind.  Pastoor Monoko en Dan se testimonies Sondag in die kerk het ‘n voorsmakie gebied van die impak wat ons Pappa met ons vorige besoek gemaak het, maar ook van die ontsettende groot need wat daar steeds is. Ons wil jou dus uitnooi om saam met ons in “boldness” te GAAN en te groei soos ons ons liefde vir ons Koning uitleef!  

Kan jy saam gaan?

Ja. Jy en jou hele gesin is welkom. As jy voel jy moet nog baie leer oor hoe jy self kan bedien is dit ‘n perfekte geleentheid om te leer.

 Waarnatoe gaan ons in Lesotho?

‘n Kerk in Pulane, in die asemrowende Berea-distrik. 

Program

  • Ons sal vroeg Vrydagoggend die 17de Augustus in die pad val. Ons het +/- 5 ure se ry voor ons uitgesluit al die nodige stoppe. Beplan om laat Sondag die 19de weer terug by die huis te wees.
  • Daar is verskeie opsies waar jy kan gaan help. Laat weet asseblief wat jy graag sal wil doen en wat die Here op jou hart lê vir Lesotho. Ek sal jou graag in so ‘n kapasiteit wil sien ons Here dien.  Ons sal die program finaliseer sodra ons weet wie van ons gaan saam.

Vir meer inligting, kontak ons asseblief op admin@dieakker.co.za

2018-07-11T12:54:34+00:00