Na Ander Lande

Ons reik twee keer ‘n jaar uit na Mauritius. Ons het alreeds 11 uitreike gehad na hierdie wonderlike eiland. Die groep wat betrokke is bestaan gemiddeld uit 8 mense wat gaan en 45 mense tuis wat hulself toewy om te bid vir die wat gaan en vir Mauritius, 24 uur van die dag, tydens die hele week van die uitreik. Dit is ‘n groot voorreg om saam met God se mense uit te reik en die lief te hê vir wie Hy gekom het!

Uitreike hierdie jaar:

  • Maart: Mauritius
  • April: Swaziland
  • September: Mauritius

As jy graag wil deelneem aan ons uitreike kontak ons kantoor by info@dieakker.co.za.

Ons missie:

Ons reel gewoonlik nie ‘n groot byeenkoms of ‘crusade’ nie. Ons harte is om te ontmoet met plaaslike kerke om hul aan te moedig en ook om van die geestelike toerusting te deel wat God vir ons gegee het. Hierdie toerusting is bedoel om die gelowiges op te lig en aan te moedig sodat hul sal weet dat hul almal in staat is om die evangelie verder en dieper te vat.

Ons het gevind dat baie gelowiges verkeerdelik glo dat net ‘n uitgesoekte groepie gelowiges die evangelie en die krag daarvan kan demonstreer. Ons wil herhaaldelik wys dat dit nie die waarheid is nie. Die waarheid is dat alle gelowiges die werking en gawes van die Heilige Gees kan ervaar en demonstreer en ‘n verskil kan maak waar hulle is – by hul werk, skool en kerk.

Ons glo in kerk en die gemeenskap van gelowiges. Daarom werk ons in en deur kerke. Ons glo dat die kerk deur God daar gestel is en ons eer die leierskap in kerke as die outoriteit oor die gelowiges wat daar byeenkom. Ons werk nou saam met kerkleierskap waar ons gaan, soos deure vir ons oopgemaak word.

 

Comments are closed.