Preke en Getuienisse

Die Here het vir my en jou ‘n Gees gegee van krag, liefde en volheid van verstand (2 Tim 1:7). Hy sê verder in Heb 13:17 dat ons moet gehoorsaam wees aan die wat oor ons aangestel is in die Here, die wie se geloof hulle leringe volg (Heb 13:7). Lees ook Mat 10:41, wat sê dat die wat ‘n profeet in die naam van ‘n profeet ontvang, ‘n profeet se prys sal ontvang. Vir jou en my is dit dus baie belangrik om dit wat ons inneem deurdagtelik te bestudeer. Vind dus hier die werksblad van elke Sondag se preek en gebruik dit om:

· Te bevestig dat dit wat gepreek word SKRIFTUURLIK is en daarom WAAR is;

· Self in die WOORD te delf en sodoende jou eie openbaring te kry;

· Die stappe wat uitgelig is te verstaan en te kan TOEPAS; en

· Sodoende die seëninge wat die Here vir jou wil gee te ONTVANG (Luk 11:28).

Moenie skaam wees vir die Woord van die Here nie. Daarin lê die krag van jou en my verlossing (Rom 1:16).

Comments are closed.