My getuienis: Abelia - 7 Februarie 2010
Ek
wil hierdie ongelooflike storie met julle deel. Om julle ‘n agter grond van
myself te gee sal ek julle so ‘n bietjie van myself vertel. My ouers is geskei
toe ek nog baie klein. Ek het al probeer selfmoord pleeg, was depressief en het
verwerp gevoel.
Die
Sondag het ek saam met my man (Phillip) kerk toe gegaan net om argumente te
vermy. Na die diens het ek vorentoe geloop waar my voete letterlik waar my
voete letterlik aan die grond geplak het. Siegfried het na my toe gekom.
Voordat ek enige iets kon se het ek begin huil, Hy het my na die Here gelei en
gevra of ek gedoop wil word.
Aitog
toe vra ek net hulle moet my voete los maak want ek kan nie loop nie, dit was
vir my stressvol op daai stadium want my voete was nog steeds vas aan die grond
geplak.
Met
my doop, net nadat ek onder die water gedompel is, het ek ‘n LIG en die HAND
van die Here gesien. Hy het vir my gese: “kom na My toe”. Ek het seker vir 2
sekondes niks gedoen nie en toe sit ek my hand in Syne.
Daardie
LIG was so amazing, die warmte, die liefde, die gedult, als wat mooi is in die
lewe was in daardie Lig.
Ek
was uit die water gedra soos ‘n baba en op die gras neergelê. Hiervan het ek
niks geweet nie. In daardie paar minute wat ek op die gras gelê het het my hele
lewe op en af beweeg in my liggaam. Die Here was die heletyd by my in hierdie
tydperk wat als gebeur het. Hy het nie een keer my hand gelos nie. Op ‘n
stadium het die son deur die wolke geskyn op my gesig en dit is toe dat ek
besef die Here sal altyd daar wees vir my, ek moet Hom net vertrou want Sy
Liefde is groter vir my as die hoogste berg op die aarde.
Die
Maandag het ek werk toe gegaan soos nog altyd. My baas het ingekom en gegroet
en my geroep na sy kantoor toe. Hy het vir my gestaar vir ‘n paar sekondes en
gevra ”did you win the lotto?” Ek sê toe vir hom: “if I won the lotto then
surely I won’t be standing here”. Toe sê hy vir my:”whatever you did stay like
this, because the Abelia I saw last week and the Abelia now, is two different
people”.
My
huwelik, my verhouding met my kinders en met my familie het baie verander. Ek
wil net dans en praat en liefde uit gee, ek kan nie stil sit nie. Ek is soos ‘n
persoon wat op warm kole sit en staan. Ek soek net meer en meer.
Wat
ek uit al hierdie geleer het is dat ek alleen geloop het. Nou loop ek saam met
die Here. Gert (die persoon wat my gedoop het) het iets vir my gesê die dag toe
gedoop is: “as ek ooit voel ek is bang of alleen moet ek net my hand in die
Here sin sit en sê - kom Here kom, loop saam my. Met my hand in die Here sin
sien ek kans vir die wêreld. Ek is bly die Here het sulke wonderlike mense op my pad gesit. Ek weet hierdie pad gaan nie maklik wees nie maar met die Here by my sal ek dit maak.