Fibromayalgie

 

Ek het al vir die laaste 17 jaar Fibromayalgie gehad, en is eers in Maart die jaar vir die eerste keer gediagnoseer.

 

In Aug die jaar het ek een van my ergste Fibro episodes ooit ervaar.  Dit was -ek glo nie toevallig nie - dieselfde naweek as wat ek my Patoor gevra het om vir my te bid.  Daai Sondag na kerk het my Pastoor hande op my gele en die demoon bestraf wat gestuur is om my lewe te reuneer en my dood te maak. Ek kon dadelik daarmee identifeseer.  Die Here het dit eintlik in die berading sessie ook vir my uitgewysDaar glo ek het Satan 'n groot houvas op my verloor

 

Laas week het ek en my man my boetie en sussie in Jhb gaan kuier en hulle het tyd uitgeneem om nog vir my te bid en te bedienTeen daai tyd het ek so 80% genees gevoel.  My boetie en swaar het woorde van kennis gekry en bevryding op my gedoen viral vir 'n gees van "iniquity",  toe dit uit was het ek geweet ek is vry!!!!

 

 Die Here het my nou volkome genees!!!! Ek het gewoonlik my ergste pyn in my PMS tyd ervaar. Ek het die week vir die eerste keer in 18jaar PMS en ek het geen maar geen pyn nie!!

 

Prys die Here van die Hemele!!!! HY IS DIE GENEESHEER!!!!!  Hy kies om deur mense te werk en ek wil uit die diepte van my hart dankie se vir elkeen van julle wat die tyd uitgevat het om vir my te bid, my te bedien en dit moontlik gemaak het dat God my oorwinning gee!!!!