Sondae

Ons Sondae Dienste vind plaas by Laerskool Louw Geldenhuys
Hoek van 7de Straat en 3de Laan, Linden (Ingang is in 7de Straat)

Tye

Die Afrikaanse Diens is om 09:00 in die skoolsaal en die Engelse Diens is om 18:00 in die lapa.

Die Kinderkerk vind plaas in die lapa tydens die oggenddiens.

Kinderkerk

Kinderkerk vorm deel van die bedieninge van Die Akker. Dit is nie ‘n kinderoppassingsdiens nie, maar ‘n geleentheid om dissipels te maak van selfs die kleinstes onder ons.

Die Kinderkerk bied ‘n program aan, sowel as aanbidding vir die kinders.

Die kinders word tans in drie¬†groepe ingedeel volgens ouderdom: ‘n Kiddies groep vir die 3-5 jariges, ‘n Kidz groep vir ouderdom 6-9 en ‘n Tweens groep vir 10-12 jariges. Die program se lesse is aangepas vir die verskillende ouderdomsgroepe.

Ons poog om elke Sondag vir die kinders die geleentheid te gee om te aanbid en bedien te word met die Woord. Die kinders sing en het ‘n tyd van aanbidding voor die lessie.

Kinders is ook baie welkom om die aanbidding en die diens self in die kerk by te woon, indien die ouers verantwoordelikheid vat om na hul kinders om te sien, en hulle by hul ouers bly die hele tyd.

Ons moedig die kinders bo 12 jaar aan om die groter diens in die skoolsaal by te woon.

Babatjies vanaf geboorte tot en met 2 jaar is welkom om by hulle ouers in die saal te bly. Daar word ‘n klein speelarea vir hulle uitgesit agter in die saal.

Comments are closed.