Spesiale Uitreike

Om deel te wees van ‘n gemeenskap wat hulle Here opreg en heelhartig dien is so ‘n groot voorreg. In 2011 het Die Akker Christelike kerk ‘n NPO gestig met die naam SCRATCH wat daarop gerig is om ‘n platform te skep waar ons ons gemeenskap tot diens kan wees. Lees meer daarvan by www.scratchpages.co.za. Hier volg ‘n lys van wat ons as SCRATCH tans doen:

  • Ons naaste projek is in Linden, ‘n voorstad van Johannesburg. Jy sal ons SCRATCH mense vind op Maandae tot Vrydae waar hulle nuwe parkering skep, sypaadjies verfraai en die strate skoonmaak. Kyk uit vir hulle, hulle kyk uit vir jou. Die doel van die projek is nie net om ons stad te laat goed lyk nie, maar geskiedenis het ons geleer dat ‘n skoon stad lei na ‘n veiliger stad. Deur saam met die gemeenskap te werk leer die gemeenskap mekaar ken. Dit verander MY stad na ONS stad. Saam kan ons ‘n verskil maak. Dus het ons ook ‘n groter doel om soortgelyke projekte orals in ons stad te loods. Jy kan volg wat alles gebeur in Linden op ons Facebook bladsy by Scratchpages.
  • “The JOEY pouch” is ‘n huis van veiligheid waar kinders van pasgebore tot 4 jaar oud ‘n huis kan vind, totdat hulle uitgeplaas kan word na ‘n permanente huis. Jy kan volg wat alles gebeur by The JOEY pouch op ons Facebook bladsy, The JOEY pouch.
  • Ons mense is ook daaraan oorgegee om vir ons gemeenskap te bid (klinieke, skole, ens.), om sodoende God se wil en koninkryk op aarde tot stand te bring.

Indien jy meer wil weet oor ons kerk en dit wat ons doen kontak ons gerus by info@dieakker.co.za.

 

Comments are closed.