 |
 |
 |
Die Akker Christelike Kerk was die uitlewing van die roeping op Siegfried en Liesl Maré om uit te gaan en dissipels te maak. Hulle was gemeentelede by Bryanston New Covenant Church vanaf 2001 en het in daardie tyd die hartklop aangeneem om na die nasies te gaan en dissipels te maak. Die Ouderlinge van die Bryanston gemeente, o.l.v Ashley Bell, het die roeping op hulle lewe raakgesien en saam is die visie gebore om Die Akker in Linden, Johannesburg te plant.
Die plant het in Januarie 2007 plaasgevind en is hoofsaaklik, maar nie eksklusief nie,'n Afrikaanse gemeente. Die Akker het begin met 6 lede en het bly groei van krag tot krag. Die Lapa by Laerskool Louw Geldenhuys het teen 2008 te klein begin raak en die dienste is verskuif na die skoolsaal.
|
|
|