Loading Events

ALPHA, ‘n oop en informele gesprek oor geloof, die persoon van Jesus en wat dit alles beteken, word vir die volgende 12 weke vir ons JOE Crew (jong volwassenes) by die Akker Kerk aangebied.

ALPHA is ‘n reeks sessies wat die Christelike geloof ondersoek. Elke praatjie kyk na ‘n ander vraag rondom geloof en is ontwerp om gesprekke aan te wakker.

Kom sluit Sondagaande vanaf 1 Maart by ons aan. Sessies vind plaas van 17:00-19:00.

Kontak vir Leon op 060 949 6205 vir meer inligting.