Ons is baie dankbaar vir nog ‘n suksesvolle Lesotho uitreik wat van 17-19 Augustus plaasgevind het. Pastoor Monoko en Dan se testimonies Sondag in die kerk het ‘n voorsmakie gebied van die impak wat ons Pappa met ons vorige besoek gemaak het, maar ook van die ontsettende groot need wat daar steeds is.
Terugvoer:
Waarnatoe was ons in Lesotho?
‘n Kerk in Pulane, in die asemrowende Berea-distrik.
Program
- Ons het vroeg Vrydagoggend die 17de Augustus in die pad geval. Dit was ‘n yskoue naweek en die Drankensberge was spierwit van die sneeu. Maar die Here het ons veilig na +/- 5 ure by ons bestemming gebring.
- Daar is verskeie opsies waar gemeente lede gehelp het. Ons het ‘n program gevolg waar lede by verskeie areas ingeskakel het soos wat die Here dit op hul harte gelê het.
- Tuis het ons gebedsspan ons in gebed gedek 24uur van al die dae wat ons weg is. Hierdie gebedsdekking brei die span uit na die hele gemeente en nie net die paar wat gestuur word nie, en die werking van die Heilige Gees was aanvoelbaar, al was ons honderde kilometers weg van mekaar.