We don’t inherit the earth from our fathers, we borrow it from our children.

Sedert 2011 is ons as ‘n gemeente aktief betrokke in die kerkgemeenskap van die klein eilandjie Mauritius in die Indiese Oseaan. Ons het vanaf Oktober 2011 tot en met 2017 twee keer per jaar uitreike gereel en ons span het gewissel van 2 mense tot 10, jonk en oud. Altesaam was ons al 13 keer daar en ervaar ons Here se getrouheid en voorsiening met elke unieke uitreik.

In 2018 het ons een uitreik geskeduleer met die hart om die jeug te kan saamvat. Die uitreik val dus in die skoolvakansie en ons span bestaan hierdie keer uit 4 kinders en 6 volwassenes.

Die kerkie waar ons tans bedien is in die Suide van Mauritius in die dorpie Surinam. Die pastore het al vir ons soos familie geword en ons het met elke besoek ‘n blye hereniging.

Tydens ons uitreike in Mauritius, bedien ons die volle evangelie en sien die Here se genade in die tekens en wonders wat ons al daar ervaar het.

Uitreike bly vir ons ‘n deel van ons DNA en daarom is die span nie geisoleerd in die poging nie. Tuis het ons ‘n gebedsspan wat daarna streef om ons in gebed te dek 24uur van al die dae wat ons weg is sowel as ‘n paar dae vooraf en na die tyd. Hierdie gebedsdekking brei die span uit na die hele gemeente en nie net die paar wat gestuur word nie.