Ek KAN…volwasse word in Jesus deur iemand lief te hê wat reeds is (Siegfried Maré)
Romeine 13:10-14 Die liefde doen die naaste geen kwaad nie; daarom is die liefde die vervulling van die wet. En dit te meer, omdat ons die tydsomstandighede ken, dat die uur vir ons reeds daar is om uit die slaap wakker te word; want die saligheid is nou nader by ons as toe ons gelowig geword het.
Die nag het ver gevorder en dit is amper dag. Laat ons dan die werke van die duisternis aflê en die wapens van die lig aangord. Laat ons welvoeglik wandel soos in die dag, nie in brassery en dronkenskap, nie in ontug en ongebondenheid, nie in twis en nydigheid nie. Maar beklee julle met die Here Jesus Christus, en maak geen voorsorg vir die vlees om sy begeerlikhede te bevredig nie.
Ons is volwasse in die Here…maar ons mis baie keer dit wat die Here vir ons sê. Ons loop al klaar met Iemand wat volwasse is in die Here…Jesus. Hy het die Woord vlees gemaak – en al wat Hy vir ons sê is; “kom loop saam met My, kom maak hierdie Woord een met jou, SIEN die Woord in jou, ERVAAR die Woord in jou en DOEN die Woord”. Die Here is MET JOU.