Ek KAN groei in geloof…sodat ek in die beloftes van die Here kan lewe (Siegfried Maré)

Romeine 4 vers 20: En hy het nie deur ongeloof aan die belofte van God getwyfel nie, maar hy is versterk deur die geloof en het aan God die eer gegee.

God se beloftes is VIR ons en Hy is getrou om al Sy beloftes na te kom. Verlossing van sonde, finansiële voorsiening, goeie gesondheid, genesing, vryheid van angs en vrees, en vele meer is die seëninge en geskenke wat God belowe om te voorsien vir diegene wat in Hom glo. Ons moet dit net in geloof aangryp!

Siegfried kyk na die storie van Gideon en breek vir ons oop hoe ons elke dag in God se beloftes vir ons kan lewe.