Eer (Delmaine Fritz)

Gee genoeg om, om mekaar te eer.

Kom ons eer mekaar, ons is almal in God se beeld geskape. Kom ons eer ons ouderlinge wat vir ons siele uitkyk. Kom ons eer ons ouers, saam met dit kom daar ‘n goeie belofte. Kom ons eer ons Vader se Woord en reik uit na mense maak nie saak hoe hulle lyk of wie hulle is nie. Eer hulle deur vir hulle te bid, lief te hê, uit te reik en aan te moedig. Vertrou Heilige Gees om hulle harte sag te maak om Jesus as hulle Here te kies.