17 Februarie 2019 – Siegfried Maré
Omdat ek lief is vir God, KAN EK Hom leer ken
Wat ‘n wonderlike voorreg om ‘n intieme verhouding met ons Vader te mag en KAN hê. Die Boodskap stel dit so mooi:
Matteus 11: 27,28 Na die gebed gesels Jesus toe verder met die mense: “My Vader het My gevra om al hierdie dinge op die aarde te kom doen. Hy het ook vir My alles gegee wat Ek nodig het om dit wel te kan doen. Ek en my Vader het geen geheime vir mekaar nie. Ons ken mekaar deur en deur. Niemand ken Ons soos Ons mekaar ken nie. Wil julle die Vader so leer ken? Ek kan julle aan Hom voorstel.
Smag jy na so ‘n diep en intieme verhouding met Vader? Luister hoe Siegfried verder in ons tema van Eerste Liefde indelf.