Ek KAN…volwasse word in die rus van die Here (Siegfried Maré)
Efesiërs 4:15 Nee, ons sal in liefde by die waarheid bly en so in alle opsigte groei na Christus toe. Hy is immers die hoof, en uit Hom groei die hele liggaam.
Een van God se beloftes vir ons, is rus. Maar wat verg dit om in God se rus in te gaan? Rus vereis geloof. Rus vereis geestelike volwassenheid. Dit is deur ‘n proses van geestelike groei wat ons ons volkome in God se rus kan vestig, en ook hierdie belofte kan beêrwe.