Lewe dankbaar! (Adéle van der Walt)
Ons almal het ‘n ‘wens lysie’ van goed waarvoor ons hoop en bid elke jaar.
Aan die einde van die jaar is dit dan maklik om terug te kyk en dankbaar te wees vir al die goeie dinge wat met ons gebeur het. Die Woord sê egter ons moet altyd vir alles dankbaar wees, maar hoe kan ‘n mens dankbaar wees vir die swaarkry en moeilike tye? Dis ‘n tawwe ene daai…
Maar weet jy, as ek en jy dit kan reg kry om met dankbaarheid te leef, verander dit die wêreld vir ons. Begin ons verby die dinge kyk wat die lewe vir ons moeilik maak en sien ons die seën wat ons het raak. Kyk ons verby die donker wolke en begin ons die silwer randjie raaksien. Dankbaarheid word ‘n realiteit in ons lewe as ons besef dat alles wat ons het is ‘n geskenk van God. ‘Dankie’ klink dan nou eintlik te klein en te kort… Sondag kyk ons na wat die Woord sê van dankbaarheid en wat die perks is wat ons daaruit kry om ‘n lewe van dankbaarheid te leef.