Ek KAN…hoor en doen en so groei in my verhouding met my Here (Siegfried Maré)
2 Petrus 1:3-4 IMMERS, sy goddelike krag het ons alles geskenk wat tot die lewe en godsvrug dien, deur die kennis van Hom wat ons geroep het deur sy heerlikheid en deug, waardeur Hy ons die grootste en kosbare beloftes geskenk het, sodat julle daardeur deelgenote kan word van die goddelike natuur, nadat julle die verdorwenheid ontvlug het wat deur begeerlikheid in die wêreld is.
Om tot volwassenheid te kan groei in jou verhouding met God, moet jy kan hoor en doen. Wat behels dit? Siegfried breek dit op in twee punte:
- Kry kennis
- Wees in fellowship met Vader