Jan en sy maats (Siegfried Maré)
Jan Alleman. Jan-tuisbly-se-karretjie. Jandooi. Jan Rap. Bang Jan. Dooie Jan. Kan nou nie met sekerheid sê wie dié Jan is op wie al hierdie gebaseer is nie; maar dat die arme drommel maar ‘n sad, sorry en sucky lewe lei, is duidelik. Dull, boring, mediocre. Gaan nooit nêrens nie (selfs voor lockdown). Niksbeduidend en sukkelrig. Die een groot vrees waarmee ons almal een of ander tyd in ons lewe mee sukkel, is seer sekerlik die een wat hard in ons ore gil, “you have lived a life that doesn’t matter”. ‘n Regte ou Jan-lewe. Of jy dit nou wil glo of nie; jy is nie bedoel om ‘n “Jan” te wees nie. Jy hét ‘n storie. Jy máák saak.
Kom ons leer by Winnie the Pooh, wanneer hy vir Christopher Robin sê: “As soon as I saw you I knew an adventure was going to happen.” Dit is ons Jesus: Hy IS die avontuurlike regte een. Saam met Hom is niks ooit weer voorspelbaar, of veilig, of vervelig nie. Vat ‘n kans: kyk vir Hom. Adventure awaits.