BANG!! (Siegfried Maré)

Arachibutyrophobia. Pentheraphobia. Gelotophobia. Phobophobia. Nee, dit is nie in tale praat nie. Dit is net van die banghede waarmee mense daagliks te kampe het: die vrees dat grondboontjiebotter aan jou verhemelte vasklou; die vrees vir jou Skoonma; die vrees vir lag; en ironies genoeg die vrees vir vrees. Die vreemde vrese klink dalk verregaande, maar die realiteit is daar is min mense – en óók ware gelowiges – wat nie gereeld met die monsters onder hulle bed struggle nie. BANG! Bang vir mislukking. Bang ek word verwerp. Bang my geld raak op. Bang vir misdaad. Bang vir Corona. Bang “iets gebeur”. Bang vir mense. Bang vir God… Terselftertyd wéét ons presies wat die Here in Sy Woord daaroor sê. Dink maar aan die HONDERDE kere wat die woorde “Moenie vrees/bang wees nie” in die Bybel voorkom. Ons ken hierdie vertroosting. Ons ken ook die oorwinning. Ons glo dit. Ons weet dat Jesus ons van ons vrese bevry het. Ons vertrou daarop. Maar tog sukkel ons dikwels om van ons innerlike bewerasies ontslae te raak. Die amazing nuus is: terwyl ek bang is, IS ek meer as ‘n oorwinnaar, want God is vír my. Hy sê so.

Siegfried ontgin die noodhulpterapie vir ons vrese wat die Here self vir ons in Sy Woord laat opteken het.