Opstandings Saad (Andrie Bouwer)

God maak ‘n plan; ‘n boer maak mos ‘n plan of hoe? En ons Wonderlike Pappa God is geen uitsondering nie. Die mense se sondevlek was net te veel en toe maak Hy ‘n plan; die wrede kruisdood van Sy Enigste Seun. Sy Seun móés sterf, ‘n kruisdood sterf sodat Sy kosbare bloed ons kon vrykoop. Maar na Sy dood het die volgende deel van die Plan in werking gekom – want dit is ‘n volmaakte plan… Die volgende deel van die Plan was Sy bonatuurlike opstanding; ongeëwenaar en vir sommige mense nog steeds amper te veel om te glo.

Daardie deel van die Plan is egter wat ons Lewe waarborg! Lewe in oorvloed, vrede en genade. Geen trauma of pyn of enigiets wat die vyand teen ons gooi is sterker as daardie krag wat Jesus laat opstaan het nie. Ons juig nie net want Hy het gesterf nie, ons juig want Hy het ook opgestaan! Sy Opstandings Saad word gebore en groei in ons harte deur Sy Heilige Gees!

Kom luister na Andrie se getuienis van hoe die Here haar van trauma vrygemaak het deur Sy Opstandings Saad. Lewende saad wat alles oorwin!