Die Akker…in Aksie! (Jaco van der Walt)

Wat beteken dit om deel van ‘n kerk te wees? God laat ons duidelik verstaan dat die kerk nie iets is wat deur mense uitgedink is nie: dit is nie ’n instituut of bloot net ‘n gebou nie. Dit is nie ’n sosiale klub of ’n geestelike winkel waar ek my spirituele behoeftes kom bevredig nie. Die kerk is nie sommer net ’n goeie manier om my gewete op ’n Sondagoggend stil te kry of ’n uitstekende manier om my oggend te spandeer nie. Om deel van ‘n kerk te wees is om deel van die Bruid van Jesus te wees; om deel van God se huisgesin te wees, waar God ons almal se Vader is. ‘n Huisgesin waar ons almal verskillende persoonlikhede (en natuurlik giere!) en vermoëns het; ‘n huisgesin wat dinge saam doen..met ‘n doel!

Verlede week het Siegfried ons huisgesin se Visie vir 2024 vir ons oopgebreek; hierdie Sondag kyk Jaco na die praktiese deel van ‘Akker wees’ en ons Visie uitstap. Kom luister bietjie na wat jóú rol as boetie en sussie binne hierdie huisgesin en Visie is!