Die journey van ‘n leier – deel 2 (Liesl Maré)

Josef het homself so getrou bewys waar hy hom ookal bevind het. Maar sy grootste toets het nog voor hom gelê – wat sou hy doen as hy met sy (baie seer) verlede gekonfronteer word?

Genesis 41:51 En Josef het die eersgeborene Manasse genoem; want, het hy gesê, God het my al my moeite laat vergeet en ook die hele huis van my vader.

Hy het so gehoop hy kan sy vader se huis vergeet, maar God het ‘n ander plan gehad – God wou die drome laat waar word wat Josef as jong man gedroom het. God wou ook Sy eie nasie, Israel, red en Josef was ‘n integrale deel daarvan.

Kom luister hoe Josef sy eie seer moes verwerk en hoe hy nie net magtig was in die uitleef van sy beroep nie maar ook hoe hy in God se volle planne vir sy lewe kon loop.