Die journey van ‘n leier – deel 1 (Liesl Maré)

Van klikkiebek en arrogante dromer tot nederige leier. Van slaaf en gevangene tot tweede magtigste man in Egipte. Josef se pad na glorie het inderdaad ‘n baie onwaarskynlike roete geneem. Wat was die karakter en gawes van ‘n man wat letterlik vanuit ‘n gat kon oprys en ‘n nasie kon bestuur, aan die regterhand van die magtigste man in Egipte? Liesl gaan die volgende paar Sondae kyk na die verskillende tydperke in Josef se lewe en hoe sy karakter gegroei en hy sy gawes uitgeleef het, en hoe dit vandag in ons lewens van toepassing is.