Die Krag van Stories (Siegfried Maré)

Stories, ons almal hou van stories. Dit fassineer ons en dit hou ons aandag. Veral wanneer dit regtig gebeur het. Jesus het die krag van stories goed verstaan. Wanneer ons dit regkry om jou storie en my storie te sien binne die konteks van die groter storie van God, wanneer jy op daai plek kom wat jy regtig weet wie God is en jy ontdek wie jy is, wie Hy jou gemaak het om te wees, dan besef jy jy is vervleg in ’n veel groter storie. Die storie van ALLE stories. En dat jóú storie krag dra. God wil jou storie vat en daarmee ander se stories aanraak en vir altyd verander. Kan jy dink hoe ons stad kan begin lyk wanneer dit ingekleur word met die stories van die WOORD wat binne in my en jou werk? Siegfried gesels met ons oor “Die Krag van Stories’.