Die kruis van Jesus Christus (Siegfried Maré)
Galasiërs 6:14 Maar wat my betref, mag ek nooit roem nie, behalwe in die kruis van onse Here Jesus Christus, deur wie die wêreld vir my gekruisig is en ek vir die wêreld.
Die boodskap van die kruis is so kragtig – dit is die sleutel tot ons lewe as kinders van God. Wat wil die Here deur die kruis vir ons sê?
Siegfried breek die Woord vir ons oop en kyk na die volgende:
- Die boodskap van die kruis
- Die struikelblok van die kruis
- Die opneem van my kruis