Verstaan die Opgestane Lewe: Deel 2 – Verheerliking (Andrie Bouwer)

As jy as kind in die Sondagskool was het jy seker ook baie keer gehoor dat jy veronderstel is om jou lewe te gebruik om God te verheerlik. Dit is nie iets wat die Sondagskool-tannie sommer uitgedink het nie, maar staan ‘n hele paar keer in die Bybel geskryf, so ons weet God is ernstig daaroor. Jy is gemaak om Hom te verheerlik. God het ons Sy kinders gemaak, als vir ons gedoen, alle struikelblokke uit die weg geruim en ons toegerus met  mag en krag sodat ons Hom kan verheerlik met ons lewens deur te wandel in die goeie werke wat Hy vir ons vooruit beplan het.

Kom ons toets of als in ons lewe aanneemlik is vir God en verheerlik Hom deur dit wat nie vir Hom aanneemlik is, af te gooi. Wanneer jy Hom verheerlik, sal jy ten volle die opgestane lewe, léwe.