Verstaan die Opgestane Lewe: Deel 1 – Verstaan (Liesl Maré)

Hoe kan ek my opgestane lewe verstaan? Dit het dan niks met my te doen nie? Jesus het tog alles vir ons kom doen en dit sluit in dat Hy belowe het dat ons opgestane lewe een van oorvloed kan wees. Genadiglik los Hy ons nie net nie – Hy het die beloofde Heilige Gees gegee, én Hy gee die ‘tools’ wat ons nodig het om die kort lewetjie op aarde, aan te gryp en te laat tél!

Hierdie maand begin ons reis deur Efesiërs; ons gaan kyk hoe ons stap vir stap ons verstand kan vernuwe met léwe, en léwe in oorvloed. Ons gaan kyk hoe ‘n opgestane lewe lyk en hoe om daarin te stap. Kom reis saam met ons.