Die Opstanding: Deel 3 – Geloof (Siegfried Maré)
By die bruilof te Kana doen Jesus sy eerste wonderwerk. Hy het pas sy bediening begin en Hy het reeds ‘n klein gevolg van dissipels gehad. Deur water in wyn te verander, openbaar Hy sy heerlikheid op ‘n skouspelagtige wyse.
Die ‘eenvoudige verhaal’ soos vertel deur Johannes is gelaai met tekens en ‘n boodskap. Jesus sê deur die wonderwerk – Ek gaan jou hele verstaan van geloof verander.
Uiteindelik eindig die verhaal met die groot punt wat Johannes wil maak: die dissipels besef wié Jesus is.
Hy is wérklik die Messias.
Hulle kyk deur geloofsoë na Hom en síén die Wynmaker.
Hulle geloof in Hom word ‘n realiteit, en met die Woord wat ‘n werklikheid binne hulle word, stap hulle uit en bereik as’t ware the point of no return waar hoor en sien in gló en doen verander…
Jesus nooi vir jou en my uit om dieselfde te doen. Siegfried gesels oor ‘Geloof en my opstandingslewe in God.’ Kom hoor hoe jy ‘n opstandingslewe kan lei!