Die Risiko Faktor (Siegfried Maré)
My experience now, after 32 years in the ministry of the word, is that very little happens of any significance in an individual life or a church or a family or an organization that does not involve taking risks. And so I want things to happen in your life. I want you to be able to accomplish things that you never dreamed for the cause of Christ. And I promise you: you don’t have to be a big great person in order for God to use you to do extraordinary things for him. But you do need to take risks. – John Piper, Desiring God
Om die woorde; “Ek glo in God”, te uiter is een van die grootste risiko’s wat jy ooit in jou lewe sal neem. Uit die wêreld se oogpunt is geloof in God ‘n risiko omdat ons moet glo in dinge wat ons nie kan sien nie. Ons glo in die teenwoordigheid van God, ‘n wese wat ons nie kan sien nie. Ons glo dat ons die hemel sal bereik, ‘n wêreld wat ons nie kan sien nie. En ons moet die risiko neem om só te lewe en op te tree dat ander ons geloof in Jesus kan sien. En dit is partymaal ‘n tall order.
“Ek glo in God”… Met net daardie vier woordjies, plaas jy jou hele lewe op die spel. Met daardie vier woordjies begin jy ‘n verhouding met die God van die heelal, en jou lewe is nooit weer dieselfde nie. Met daardie vier woorde word jy nie geroep tot ‘n “speel veilig” lewe nie; jy word geroep tot ‘n “neem risiko’s” lewe, ‘n lewe wat in geloof waag vir die Here, ‘n lewe wat grense oorsteek ter wille van sy koninkryk. Veral grense na mense.
Wanneer ons die risiko van geloof neem, voel en sien ons iets van God se karakter. Ons ervaar ’n kant daarvan wat ons voorheen nie geken het nie. Soos Charles Spurgeon dit gestel het: “They who navigate little streams and shallow creeks, know but little of the God of tempests; but they who “Do business in great waters,” these see His “wonders in the deep.” Mag ons geloof en hoe ons dit lééf ander so inspireer dat hulle ook in die diepkant sal induik!