24 Maart 2019 – Jerry Bouwer
Eerste liefde: hoe kan ek dit weer terug kry?
Openbaring 2: 4, 5 – Maar Ek het teen jou dat jy jou eerste liefde verlaat het. Onthou dan waarvandaan jy uitgeval het, en bekeer jou en doen die eerste werke. Anders kom Ek gou na jou toe en sal jou kandelaar van sy plek verwyder as jy jou nie bekeer nie.
Onthou jy nog daardie euforiese gevoel die eerste keer wat jy jou hart vir die Here gegee het – die hoenderveloomblikke en die telke kere daarna wat jy passievolle liefde vir God ervaar het? Gestel dit het gebeur dat jy jou Eerste Liefde verloor het – wat laat ons gewoonlik wegloop van ‘n liefdesverhouding af, en hoe kry ons dit weer terug? Jesus het en is die oplossing. Jerry bring vir ons Bybelse insig van hoe ons weer die liefdesvlam kan laat hoog brand.