‘Eet my liggaam en drink my bloed’ (Liesl Maré)

Nadat Jesus hierdie baie kontroversiële ding gesê het, het die dissipels en mense wat rondgehang het in die sinagoge in Kapernaüm onder mekaar begin stry kry. Hulle kon nie glo dat hierdie man, Jesus, Homself die Brood van die Hemel noem en die cheek het om te sê Hy verteenwoordig ewige lewe nie.

Vandag sê Jesus dieselfde vir ons – en ons kan kies of ons offended raak en of ons, soos Petrus toe Jesus sy dissipels vra of hulle ook gaan loop, sê; ‘Here, waar anders sal ons gaan, U woorde het ewige lewe’. Dit het so bietjie geloof gevat om so te kon bly staan te midde van ‘n plofbare situasie met baie kwaai Fariseërs en dissipels om hom. Vandag het ons heelwat plofbare situasies waar die Woord en Jesus op alle vlakke in twyfel getrek word. Die aanslag teen christendom is besig om teen ‘n geweldige spoed toe te neem. Ons gaan kyk na hoe ons kan bly staan, hoe ons kan seker bly van waar die bron van ewige lewe vandaan kom en vryelik daarvan eet, drink en uitdeel aan ander.