9 December 2018 – Jerry Bouwer

EK KAN: Bid, Eintlik….ek MOET bid

Fil. 4 vers 6: Moenie oor dinge sit en tob of jou bekommer nie. Gaan praat met God daaroor. Bespreek dit met Hom. Vertel Hom hoe jy daaroor voel. Sê dan vir Hom dankie dat jy met Hom daaroor kan praat en dat Hy die beste weet. Jy sal dan verlig en tevrede voel.
Jy sal hierdie verligte gevoel nie altyd kan verklaar of wetenskaplik kan uitlê nie. Omdat jy egter weet dat jy aan Jesus behoort, sal jy nie meer omgekrap voel nie (Die Boodskap)

Jerry kyk na enkele gedagtes rondom gebed en hoekom dit so belangrik is.