Ek KAN…die stryd oorwin, want God veg vir my (JD Bredenkamp)

Skrifgedeelte: Matt 26:36 tot 46

Partymaal bevind ek my in moeilike situasies en dan is dit omtrent ‘n oorlog om daaruit te kom. Uit my eie krag skiet ek ver te kort om myself te red… Ons God is nie ‘n God wat nodig het dat mense Hom versorg nie. Hy versorg ons. Ons God is lewend en gee aan almal lewe en asem en alles. Hy veg vir ons. Die grootste en belangrikste geveg was Jesus se kruisdood en die oploop daarna. Die “geveg” het in die Tuin van Getsemané begin met Jesus se gebed: “Vader as dit moontlik is, laat hierdie lydensbeker by My verbygaan….” Jesus was benoud, maar Hy het die prys volkome betaal en die belangrikste geveg vir ons gewen.