18 November 2018 – Liesl Maré
EK KAN: Die Vader se stem hoor
Om die Vader se stem te hoor is eintlik nie ‘n opsionele ekstra net vir die super-geestelikes as ons Hom dien nie. Dit is ‘n deel van ons elkeen se erfporsie omdat Hy ons Vader word en ons herenig is met Hom, en enige goeie pa wil met sy kinders kan kommunikeer.
Ons gaan kyk na watter stemme ons kan hoor en hoe om volgens Johannes 10 die Vader se stem te kan herken.