26 Augustus 2018 – Siegfried Mare
Ek kan my Vader gelukkig maak: Om vir ons Pa vreugde te bring is ‘n moontlikheid, ‘n vreugde wat Hy self ‘n werklikheid maak vir my en jou in en deur Jesus. Doen ons dit soos Hy, Jesus dit gedoen het kan ek en jy ook ervaar hoe Hy ons die pad van die lewe bekend maak (Ps 16:11). Nie net kry ons lewe nie maar omdat ons GLO dat Jesus vir ons die pad wys bring ek en jy vreugde vir ons Vader (Heb11:6).