Ek KAN…volwasse word in die Here deur getrou te wees – deel 2 (Liesl Maré)

Matt 25 vers 23: ‘Sy heer sê vir hom: goeie en getroue dienskneg, oor weinig was jy getrou, oor veel sal ek jou aanstel. Gaan in die vreugde van jou heer’.

In ons samelewing is getrouheid en lojaliteit vae begrippe, maar tog is die Woord duidelik dat selfs al is jy getrou in min, is daar ‘n beloging en vergroting (meer wat aan jou toevertrou sal word).

Verlede week het ons gekyk na die karaktertrek of hart van getrouheid en wat daaruit vloei. In deel twee van haar boodskap, kyk Liesl na die spesifieke areas in ons lewens waarin die Here van ons verwag om getrou te wees.