Ek KAN…volwasse word in die Here deur getrou te wees – deel 1 (Liesl Maré)
Matt 25 vers 23: ‘Sy heer sê vir hom: goeie en getroue dienskneg, oor weinig was jy getrou, oor veel sal ek jou aanstel. Gaan in die vreugde van jou heer’.
In ons samelewing is getrouheid en lojaliteit vae begrippe, maar tog is die Woord duidelik dat selfs al is jy getrou in min, is daar ‘n beloging en vergroting (meer wat aan jou toevertrou sal word).
Ons kyk na wat getrouheid (faithfulness) beteken en wat daaruit vloei. Mag dit ons elkeen aanspoor om selfs in die kleinste dinge getrou te wees.