Ek KAN…weet waar ek groei nodig het (Siegfried Maré)
1 Johannes 2:12-13 Ek skryf aan julle, my kinders, omdat die sondes julle vergewe is om sy Naam ontwil. Ek skryf aan julle, vaders, omdat julle Hom ken wat van die begin af is. Ek skryf aan julle, jongmanne, omdat julle die Bose oorwin het. Ek skryf aan julle, kinders, omdat julle die Vader ken.
Besef jy dat jy ‘n seun of dogter van ons Hemelse Vader is? Ons vryheid en geestelike volwassenheid lê in ons kindskap van God. Siegfried gee verdere insigte oor ons tema, Geestelike Volwassenheid.