God se Tapisserie (Rudolph Schutte)

Ananias. Barnabas. Priscilla en Aquilla. Lukas. Silas. Timoteus. So kan ons aangaan en aangaan, hierdie lang lys van gelowiges wat ons nie noodwendig veel van weet nie, maar wie se lewensdrade so met dié van Paulus s’n ingeweef was. Ons stap die afgelope paar weke saam met Paulus op sy Opstandingspad, maar soos ons sy storie beleef, sien mens ook dat dit nie net sý storie is nie. Nee, reg deur die Bybel sien ons hoe God manne en vroue opgerig het vir Sy Groot Plan. Dit is ‘n intricate, soewereine Plan. Dit is Sy Plan om die mensdom te red, en soos ‘n groot Tapisserie is Hy besig om dit te weef… En die amazing ding is, ek en jy, elkeen van ons wat wedergebore is, vorm deel van hierdie groot Tapisserie van God.

Eendag sal God vir ons Sy Tapisserie wys; ons sal sien hoe ons Meesterwewer elkeen van hierdie klein drade aanmekaar geweef het, vir Sy Plan…en ons sal in awe wees.

Luister na Rudolph se kragtige boodskap oor God se Plan, en hoe ek en jy, élke een van ons se lewensdraadjies deel vorm van hierdie wonderbaarlike Tapisserie.