14 Julie 2019 – Hein Geyer

Geestelike volwassenheid kan net kom deur ‘n proses van gehoorsaamheid aan die Vader; deur Sy Woord te gehoorsaam en te vertrou op die leiding van die Heilige Gees.

Volwassenheid is ‘n groeiproses wat ons kry deur onsself te onderwerp aan die Woord wat Jesus is wat ons daarin lei en bekragtig.

Dis ook ‘n genade gawe wat ons nie kan verdien deur ons goeie werke nie.

Ons groei kom deur altyd ons afhanklikheid van die Heilige Gees wat ons hierin lei te besef!

Kom ons geniet saam die Woord en kom ons word gehoorsaam aan die leiding van die Heilige Gees wat ons in alle Waarheid wil lei!