Getuienis: ‘The Great Commission’ (Delmaine en Lindi Fritz)
Jesus sê in Mattheus 28:19: “Gaan dan heen, maak dissipels van al die nasies, en doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees; en leer hulle om alles te onderhou wat ek julle beveel het.” Om te gaan na die nasies toe is nie altyd maklik nie en kos ons altyd iets, maar saam met dit is daar ook altyd ‘n belonging. Om uit te stap in die goeie werke wat die Here vir ons beplan het is een van die mees vervullende goed wat ons kan doen in ons loop saam met die Here.
Dié week gesels Delmaine en Lindi met ons oor hulle ervaring by die ‘Europe Equip’ in Utrecht, Nederland. Kom hoor hulle getuienis van God se droom in hulle; Sy voorsiening; Sy guns en hoe jý ook saam met die Here kan loop in Sy ‘great commission’ wat vir elkeen van ons is!