HIER EN NOU (Siegfried Maré)

IMMERS, Sy goddelike krag het ons alles geskenk wat tot die lewe en godsvrug dien, deur die kennis van Hom wat ons geroep het deur Sy heerlikheid en deug (2 Petrus 1:3)

Petrus beskryf in hierdie powerful gedeelte die ‘hier en nou’ voordele van ons redding. Deur Sy goedheid en genade het God rééds ALLES vir ons gegee om ‘n lewe te lei wat volkome aan Christus gewy is. Dit sê nie ‘n paar dinge of sommige dinge nie, en dat Hy bietjie weerhou het tot ons eendag “reg” is nie. Nee, elke ding wat jy nodig het is al reeds aan jou gegee. ELKE. LIEWE. DING. Ons doel is lewe en godsvrug (godliness). Kyk mooi, Petrus skryf nie ewige lewe nie…hy skryf LEWE. Pleinweg gestel, dit is nie genoeg vir ons om net in die lewe ná die dood te glo nie – ons moet begin glo in die lewe vóór die dood. As ons ons identiteit verstaan ​​wat ons in Christus gegee is, dat Sy vlees en bloed IN ons is, kan ons vol hoop en geloof en moed en verwagting leef. Hoef ons nie net deur die ‘religious motions’ en dooie werke te gaan om (hopelik) eendag ons plekkie in die Hemel te verseker nie. Nee. Christus het jou nie net vergewe nie. Hy het heeltemal en fundamenteel verander wie jy is, en daarom kan jy op ‘n baie nuwe en ander manier leef. Ja, ons kom voor die harde werklikhede van die lewe in ‘n gevalle wêreld te staan, en ja, ons sukkel steeds met die sonde in ons binnestes. Maar as gevolg van jou lewendige en lewensveranderende verhouding met Christus is daar ‘n Warrior Spirit aan jou gegee wat in jou kern woon, wat vir jou die ‘divine power’ gee om te kan glo en dit vir jou moontlik maak om ‘n lewe van godliness te lei.

Besef jy hoe wonderlik net hierdie een vers is? God het jou op jou naam geroep en jou uitgenooi na ‘n LEWE van Sy goedheid. Hier en nou – nie net ‘eendag’ nie. Mag ons dit nooit vergeet nie.