HOEKOM JESUS… hoe-kom Jesus in my lewe in? (Siegfried Maré)
Kol 1:3-4 ONS dank die God en Vader van onse Here Jesus Christus altyd as ons vir julle bid, omdat ons gehoor het van julle geloof in Christus Jesus en julle liefde tot al die heiliges.
Jesus IS by ons, maar ons mis dit baie keer – ons ervaar Hom nie en aanvaar dus ook nie die oorwinning wat Hy reeds vir ons gegee het nie. Vandag kyk ons na hoe kom Jesus in jou lewe in? Hoe gee jy vir Hom daai plek in jou lewe sodat Hy altyd by jou is en saam met jou stap?