HOEKOM JESUS…want Jesus is my lewe (Siegfried Maré)

Kol 3:1-4 As julle dan saam met Christus opgewek is, soek die dinge daarbo waar Christus is en aan die regterhand van God sit. Bedink die dinge wat daarbo is, nie wat op die aarde is nie. Want julle het gesterwe, en julle lewe is saam met Christus verborge in God. Wanneer Christus, wat ons lewe is, geopenbaar word, dan sal julle ook saam met Hom in heerlikheid geopenbaar word.

Vandag wil die Here vir jou een ding openbaar:  Hy wil vir jou wys wie jy is in Christus – hoe sien HY jou?  Sy wil is dat jy jou identiteit en lewe in Jesus Christus jou Here vind. Trek Christus aan – watter groter eer het God vir ons gegee!