Jesus Christus – jou en my se realiteit (Siegfried Maré)
Daar is niks soos ‘n reus wat ons in die gesig staar en wat vir ons kan oortuig, “hey, is jy regtig so fine soos wat jy gedink het?”. Hierdie aantyging kom van ‘n boelie af – of sy naam nou Gòliat, of vrees, of verwerping, of self-twyfel, of watookal jou omstandigheid is – ons almal word een of ander tyd gekonfronteer met ons Gòliat. Die Here wil hê ons moet opstaan teen hierdie boelie. As jy weet ongeloof is ‘n boelie wat vir jou en my van ons seëninge (lewe) wil beroof, wat sal jy anders doen?
As ons kyk na die storie van Dawid, wat was die boublokke waarmee hy die boelie Gòliat verslaan het?
- Hy het geloof gehad – hy het onomwonde geglo in God se beloftes.
- Hy het ‘n liefde vir ander gehad – hy het nie net vir homself baklei nie maar vir die volk Israel ook.
- Hy het die Here se wil geken; hy was gegrendel in God se woord en het homself as ‘n dienskneg van God gesien.
As ons glo in God IS ons vry. Dít is ons realiteit.