Jesus, ons sê net dankie…vir U rus! (Jaco van der Walt)
Hoe belangrik is dit vir jou om te rus, om te recharge? Hierdie kan dalk klink na ‘n vraag met ‘n maklike antwoord, maar in die tyd waarin ons leef raak dit al hoe meer ingewikkeld om te beantwoord. Om anders as die wêreld te leef beteken om te kies vir wat werklik belangrik is en dit geld ook vir jou tyd. Rus is ‘n geskenk wat ons al te dikwels eenkant skuif. Rus verfris ons, en gee ons die energie wat ons nodig het om God te eer en ander mense lief te hê. Dis ‘n geestelike dissipline om rus te beoefen, en dit help ons om God se teenwoordigheid te geniet en ons prioriteite reg te kry.
Wat doen jy om jou batterye te herlaai? Mens moet iewers ingeprop wees. In ons maand van Dankbaarheid, kyk Jaco na “Waar vind jy jou rus?”